Die Boervolk van SA

Go Back   Die Boervolk van SA > (GESKIEDENIS) Kuns en kultuur > Gelofte / Verbond......Geskiedenis
FAQ Members List Calendar Search Today's Posts Mark Forums Read

» Recent Threads
Steve Hofmeyr
Last post by Piett
1 Day Ago 05:04 PM
Bravo se stryd
Last post by Piett
1 Day Ago 09:39 AM
Daai Ou Man (Satanis) sien sy...
Last post by Piett
2 Days Ago 10:31 PM
Gelofte....Verbond van...
Last post by Piett
5 Days Ago 02:24 AM
Ludritzbucht spoorlyn
Last post by Piett
6 Days Ago 01:02 PM
Red Sea: Archaeologists...
Last post by Piett
1 Week Ago 12:57 PM
Leonor Bosman
Last post by Piett
1 Week Ago 06:28 PM
jjgsmith van boereveraad.co.za
Last post by Piett
2 Weeks Ago 08:11 AM
Mangaung staatsgreep........
Last post by Piett
3 Weeks Ago 11:07 PM
Die sirkus van die nis se...
Last post by Piett
4 Weeks Ago 02:44 PM
Vvv, Bvr, Bvs, Bvk, Bkbs
Last post by Piett
10-23-2014 05:07 PM
Newly-Found Document Holds...
Last post by Piett
10-23-2014 04:16 PM
Stoere boer gly op n koekie...
Last post by Piett
10-13-2014 09:13 PM
Oscar Pistorius saga
Last post by Piett
09-12-2014 07:00 PM
Hendrik Biebouw, die eerste wit...
Last post by Piett
07-31-2014 08:19 AM
boereverraaiers.co.z...
Last post by Piett
07-28-2014 08:00 PM
Die moord wat wie gepleeg het.
Last post by Piett
07-23-2014 12:52 PM
Spioene Van Ons Boervolk
Last post by Piett
07-14-2014 07:26 PM
Geloftevolk Republikeine
Last post by Piett
07-10-2014 03:11 AM
Boere Beskermings Forum (BBF)...
Last post by Piett
07-04-2014 10:24 AM
Grondhervorming
Last post by Piett
07-03-2014 01:36 AM
Vrymesselary!!!!
Last post by Piett
06-14-2014 05:04 PM
Largest land claim in SA history
Last post by Piett
06-13-2014 03:01 PM
boerevryheid.co.za.....
Last post by Piett
05-18-2014 01:47 PM
Debora Pretorius
Last post by Piett
04-26-2014 09:01 PM
Boer/Afrikaner
Last post by Piett
04-21-2014 04:41 PM
Boerevryheid en afgode diens.
Last post by Piett
04-18-2014 09:09 AM
Piet (Petrus) ( Skiet...
Last post by Piett
03-08-2014 05:46 PM
Red October Petition 2013
Last post by Piett
03-02-2014 06:07 PM
propatria
Last post by Piett
02-25-2014 10:24 AM
Is die Volksmoord of nie
Last post by Piett
02-23-2014 06:55 PM
BVS, BBF, Volber,...
Last post by Piett
02-19-2014 11:45 AM
Wittes ook barbare
Last post by Piett
02-17-2014 09:32 AM
Volks verraaier Jan Jaco...
Last post by Piett
02-12-2014 09:40 AM
Onluste
Last post by Piett
02-07-2014 05:13 PM
Reply
 
Thread Tools
Old 02-19-2007   #1
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Signs005 Gelofte....Verbond van Bloedrivier

Die Gelofte

Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven
,
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;
end dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.
Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #2
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Geskiedenis
Vriende van Bloedrivier
Besienswaardighede



Die gelofte en die slag van Bloedrivier ~

DIE GELOFTE EN DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER

Dis die aand van 9 Desember 1838. Die pas verkose Kommandant-generaal Andries Pretorius met 464 Voortrekkers, ‘n aantal helpers, drie Britse setlaars en nog 120 helpers span hulle 64 waens by Wasbank uit. Hulle is op pad na Mgungundlovu, hoofstad van die Zulukoning, Dingane, om die Zulumag wat hulle soveel hartseer en verdriet gekos het, te probeer breek. Eers is die Voortrekkerleier Piet Retief en sy manne op 6 Februarie 1838, ná grondonderhandelinge, vermoor en daarna het honderde Voortrekkers by Weenen en Blaauwkrantz aan die hand van die Zulumag omgekom.

Sarel Cilliers neem die leiding en die handjievol mans belowe plegtig dat:

indien dit God sou behaag om aan hulle die oorwinning te gee, hulle ‘n Huis tot gedagtenis van Sy naam sou oprig en die dag van oorwinning bekend sou maak tot aan die laaste nageslag, opdat dit ter ere van God gevier mag word…
Wat hierna gevolg het, is vir meeste van die ouer geslag Afrikaners bekend. Die slag van Bloedrivier wat op 16 Desember 1838 op die walle van die Ncomerivier plaasgevind het, het volgens historici ‘n draaipunt in die geskiedenis van Suid-Afrika tot gevolg gehad. Die Voortrekkers in hul ‘gefortifiseerde’ wa-laer het met hulle voorlaaiers en 2-3 kanonne, die een na die ander aanval van die Zulumag wat tussen 9 000 en 12 000 sterk was, afgeweer. Teen 11:00 die oggend het die Zulumag begin terugtrek. Hulle het by die 3 000 krygers op die slagveld verloor terwyl slegs drie Voortrekkers gewond is.

Vir die Voortrekkers was dit ‘n absolute wonderwerk – ‘n genadedaad van God en hoewel die Zulus nie totaal verslaan is nie, het dit vir hulle die weg na ‘n onafhanklike staatkundige bestaan in Natal gebaan.

Deur die jare het historici en ander die gebeure van 16 Desember geanaliseer, gekritiseer en vanuit nuwe perspektiewe daarna gekyk. Vandag, met die ‘herskryf’ van ons land se geskiedenis , word Afrikanerhistorici selfs van die verdraaiing en mitifisering van die feite beskuldig. Ten spyte hiervan geniet min gebeurtenisse in die Afrikaner se geskiedenis soveel aandag soos die Gelofte van Bloedrivier.

Vir verdere inligting oor die Bloedrivierterrein of Geloftedagfeesvierings, kontak asseblief Cecilia Kruger of Estelle Pretorius by die Voortrekkermonument by (012) 326 6770.

DIE GELOFTE EN DIE MONUMENT SEDERT 1838

Die Gelofte is oor die afgelope 160 jaar op verskeie wyses herdenk. Wat eers ‘n Volksfees van historiese belang was, was ook in die godsdiens gewortel. Geloftefees is die Afrikaner se oudste en hoogste historiese volksfees. Trouens – dit is vir baie jare as die Afrikaner se enigste, egte volksfees beskou!

Na die aflê van die Gelofte het die herdenking daarvan in onbruik verval. In 1864 het die Natalse NG Kerk verklaar dat 16 Desember amptelik deur hulle gevier sou word. In 1865 het die ZAR - regering, en in 1903 die Vrystaatse owerhede dié dag as openbare vakansiedag geproklameer. Die Kaap het eers in 1910 gevolg en op 23 Desember 1910 het die Unieparlement dit tot openbare vakansiedag vir die hele Suid-Afrika verklaar. Ook die amptelike naam van dié dag is verskeie kere verander. Eers in 1952 is die dag tot Geloftedag herdoop en onder die Sondagwet geplaas.

‘n Behoefte om ‘n monument op die terrein op te rig het in 1867 reeds bestaan toe ‘n klipstapel op die plek waar die slag plaasgevind het, gepak is. In 1888 is besluit dat ‘n monument opgerig moet word en daar is met geldinsameling begin. Coert Steynberg se ontwerp vir ‘n monument op die terrein is aanvaar en op 16 Desember 1938 is die hoeksteen gelê. Die simboliese graniet ossewa - monument is eers in 1947 onthul. Aan die einde van die sestigerjare is besluit om Bloedrivier so getrou as moontlik te restoureer. R 800 000 is ingesamel en Kobus Esterhuyzen se ontwerp van 64 volledige verbronste ysterwaens in ‘n halfsirkel om die klipstapel, is aanvaar. Die inwyding het op 16 Desember 1971 plaasgevind.

As gevolg van die dag se simboliese waarde, het verskeie histories belangrike gebeurtenisse op dié dag (16 Desember) plaasgevind. Die Gelofte in 1880 is uitgebrei om die stryd teen die Britse magte in te sluit. In 1904 is Paul Kruger in Pretoria begrawe en in 1913 is die Vrouemonument in Bloemfontein onthul. In 1938 is die hoeksteen van die Voortrekkermonument gelê en in 1947 is die monument by Bloedrivier en in 1949 die Voortrekkermonument, onthul. Die wyses waarop 16 Desember herdenk is, is legio. Daar is tot ‘n week lank uitgekamp, kleurvolle optogte, redenaarskompetisies, toneelopvoerings, boeresport en –musiek is aangebied. Op 16 Desember het ere-dienste, vlaghysing, kransleggings, toesprake en die sing van volksliedere plaasgevind. Dit was die ‘goeie ou dae’ – maar wat van die toekoms?
Druk op duimnaels vir groter foto's


Sarel Cilliers

Sarel Cilliers het op Sondag 9 Desember 1838 die Gelofte by Wasbankspruit afgelê
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #3
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Gelofte

(Afrikaans)

Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag
soos 'n sabbat sal deurbring,
en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #4
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
DIE BLOEDRIVIER GELOFTE

Op 28 November 1838 word Andries Pretorius gekies as hoofkommandant van die kommando wat later bekend sou staan as die Wenkommando, wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek. Hierdie was die tweede kommando wat op die been gebring is met die doel om die moord op die Piet Retief-geselskap asook die aanvalle op die laers by Bloukrans en Moordspruit te wreek. Die kommando het bestaan uit 467 Boere, 3 Engelse, asook 'n onbekende aantal swart- en kleurlingbediendes. Hulle neem 57 waens en een oskar saam.

Uit geskiedkundige bronne blyk dit dat die omstandighede vir die kommando so versleg het dat hulle besef het dat hulle net met die hulp van God hulle taak sou kon volbring. Op 9 Desember 1838 lê Carel (uitgespreek Sarel) Cilliers aan die Wasbankrivier namens die aanwesiges die eerste keer die Gelofte af. Dit word daarna by elke aandgodsdiens herhaal.

Op Saterdag, 15 Desember berig die verkenners dat die Zoeloemag naby is en trek Pretorius op 'n strategiese plek aan die Ncomerivier laer. (Die Trekkers sou later hierdie rivier Bloedrivier noem weens die bloed van die gesneuwelde Zoeloes wat die water rooi verkleur het.) Die Gelofte word die aand vir oulaas afgelê.

Die bewoording van die Gelofte word weergegee soos dit op die gedenkplaat op die slagterrein verskyn:

Quote:
"Mijne broeders en medelandgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een Heilige God van hemel en aarde om een Belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons sal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen, en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen waar het Hem zou behagen, en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen dat zij met ons erin moeten delen tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven."
Op Sondag, 16 Desember moet die Boere slag lewer teen 'n Zoeloemag van ongeveer 10 000 man, volgens die betroubaarste skattings (dus 'n oormag van ongeveer 20 teen 1). Die uiteinde van die slag van Bloedrivier was dat meer as 3 000 Zoeloes sneuwel teenoor nie 'n enkele Boer nie (slegs 3 Boere, waaronder Pretorius, het wonde opgedoen). Dit maak die Slag van Bloedrivier nie net die grootste militêre oorwinning op Suid-Afrikaanse bodem nie, maar verskeie gebeure rondom die slag kan uitgewys word wat dit na oorweging onmoontlik maak om nie God se ingryping in die gebeure te sien nie. Ook was die Slag van Bloedrivier die faktor by uitstek wat die sukses of faling van die Groot Trek bepaal het.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #5
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
BLOEDRIVIER GELOFTE
9 - 15 Desember 1838

My broeders en mede-landgenote, hier staan ons voor die heilige God van hemel en van aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag, soos 'n sabbat sal deurbring; en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag; en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en eer van die oorwinning aan Hom te gee.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #6
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
BLOEDRIVIER GELOFTE
(1838)

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Die 1838 gelofte soos deur die digter W.E.G.Louw in Afrikaans vertaal. Die gelofte was die eerste keer op 9 Desember 1838 afgelê en elke aand herhaal tot 15 Desember 1838
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #7
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Die Gelofte roep jou!

Elke jaar word geskryf oor Geloftedag. Dit is waarskynlik dié dag waaroor die meeste in die Afrikaner se geskiedenis geskryf is. Geloftedag word waarskynlik op minstens 500 plekke in Suid-Afrika gevier, en as die gemiddelde bywoning 100 mense per fees is, beteken dit dat ongeveer 50 000 mense Geloftedag jaarliks herdenk en die Gelofte herhaal. Elke afsonderlike Geloftefees het alreeds ‘n eie unieke en trotse geskiedenis. En alhoewel die boodskap jaar na jaar dieselfde is en elke feesgeleentheid ‘n aangrypende ervaring is, is dit asof die nuwe jaar met sy eie uitdagings en eise wat volg enkele dae na Geloftedag, die dag skielik weer in die vergetelheid laat verdwyn.

Die Gelofte, dit moet ons besef, is veel meer as net ‘n herdenking. In die eerste plek is dit so dat die geskiedenis die Gelofte in ‘n historiese ruimte geplaas het wat duidelik nie met mensehande gemaak is nie. Dit lê aan ons die plig op om die Gelofte as erfporsie met ons kinders te deel - om ons kinders te “borsvoed” met die verhaal en die betekenis van die Gelofte. Die Gelofte is nie minder belangrik as die doopbelofte nie - ons lê immers ‘n eed af voor God dat ons die boodskap van Bloedrivier aan ons kinders sal vertel - dus; waar die Afrikaner vandaan kom en waar ons volk se eindbestemming is.

Die militêre oorwinning by Bloedrivier was inderdaad, indien in afsondering gesien, ‘n uitsonderlike prestasie. Aangespoor deur uiters bekwame en onverskrokke leierskap was manne bereid om te veg waarin hulle geglo het. Maar so was dit ook by die Slag van Vegkop en Potgieter se Negedae-oorlog teen Mzilikatsi. Trouens, Andries Hendrik Potgieter kan enige dag as net so ‘n uitstaande militêre bevelvoerder as Andries Pretorius beskou word.


Wat Bloedrivier egter onderskei van enige ander veldslag of oorlog, is die Gelofte wat dit voorafgegaan het. Die Gelofte het Bloedrivier verhef tot waar dit alleen staan - die sentrale en mees seminale gebeurtenis in ons volk se bestaan. Dit bestraal ons hele geskiedenis. By Bloedrivier is ‘n gelofte gemaak aan God en ‘n band gesmee met mekaar wat daardie bepaalde krisis-oomblik die sentrum van Afrikanerskap en Afrikanerwees gemaak het. Met daardie oorwinning het die Afrikaner ‘n sentrale rol verwerf in Suid-Afrika.

Die aanslag op Geloftedag oor baie jare was so suksesvol dat dit ons volk se geloof, sy waardes, sedes en geskiedenis op die brandstapel geplaas het. Niks van ons volk word meer na waarde geskat nie en niks word meer heilig geag nie. Die revolusie teen ons volk het, met uitsondering van ‘n kerngroep in ons volk, geslaag. Gelukkig is daar by sowat 50 000 mense die wete dat 470 mense by Bloedrivier die gang van die ganse geskiedenis bepaal het. En dit moet vir ons ook bemoedigend wees. Uit smart en wanhoop; dit wat vandag so tiperend is van ons volk, is dit steeds moontlik dat ‘n volk met geloof en geroepenheid verrys om dade te verrig wat ook vir die volgende geslag begeesterend kan wees.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #8
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Geskiedenis

Sedert 1783 het Brittanje meer as 60 oorloë gevoer en slegs een verloor: Die Eerste Vryheidsoorlog met sy finale veldslag op Majuba, 27 Februarie 1881.

‘n Klein aantal van ons militêr-ongeskoolde voorouers het ‘n oormag van die room van Britse professionele soldate in vier veldslae verpletterend verslaan, juis toe “Groot”- Brittanje die kruin van sy mag bereik het. Wie was hierdie kleine volk, en hoe het hulle hierdie oorwinning behaal? Het julle dan jul eie volk vergeet?

Toe, op 31 Mei 1902, lyk dit of hierdie klein, dapper volk die geskiedenisboeke ingestap en vir ewig verdwyn het. Die naam Boer is nooit weer enige betekenis gegun, behalwe in geskiedkundige verband nie en hulle wat daaraan vasklou, word dan ook spottend afgekraak as verkramptes wat in die verlede leef. Was die volk nie geintemideer deur die media, regering en dan sommer ook van jou eie volksgenote nie?

Ondanks die Britse Ryk se pogings daartoe, was die Boerevolk natuurlik nie fisies uitgewis op 31 Mei 1902 nie. Daar was oorlewendes. Maar die oorlewendes se nageslag sou nooit besef hulle is Boere nie: Die staatsgesag in ‘n plek genaamd die “Unie van Suid-Afrika”, hulle nuwe staatkundige “tuiste“, sou hulle herdoop tot Afrikaners. Kom onder die juk uit en leef en streef na eenheid in die Boervolk.

Die keuse van die nuwe doopnaam was beide ‘n sluwe en ‘n intelligente keuse. Intelligent, want die Boere het sedert Hendrik Bibaullt se bekende uitroep “Ik ben een Afrikaander“ hulself lank reeds in sekere sin as Afrikaners beskou, naamlik soos wat Hollanders hulself as Europeërs beskou en Sjinese hulself as Asiate – as aanduiding dus van kontinentale woonplek en –aanhorigheid, maar nie as volk nie. Hoewel Boere die term “Afrikaner” nie as volksnaam gebruik het nie, sou hulle dus nie volkome vyandig daarteen staan nie.

Die nuwe doopnaam was egter ook ‘n sluwe keuse; kwansuis bloot die term waaronder “eenheid” onder alle Afrikaanssprekendes bewerkstellig sou word. Maar die naam Afrikaner was teen 1902 reeds goed gevestig as die naam van Kaapse onderdane trou aan die Britse Ryk met Afrikaans as huistaal – die sogenaamde “Cape Dutch“. Húlle naam sou voortaan ook die “voormalige” Boere se naam word – húlle sou dus die toonaangewende komponent word van die nuwe, misplaasde “eenheid” onder Afrikaanssprekendes van die Kaap tot Limpopo. Hulle sou nie opgaan in die Boerevolk tydens die nuutgevonde “eenheid” nie – die Boerevolk sou opgaan in húlle. En hierdie Afrikaners was iets heeltemal anders as “Boere“ – so anders dat Paul Kruger hulle geen burgerskap van Transvaal gegee het, ongeag die tydperk van verblyf, sonder dat hulle hul lojaliteit en strewe met dié van ons Boerevolk in ‘n oorlog bewys het nie.

Quote:
Die waterskeiding tussen hulle was die Groot Trek. Afrikaners het nie die Groot Trek meegemaak nie – dit trouens smalend veroordeel as “rebellie teen die owerheidsgesag van ons Britse Koningshuis.“ Trekkers is deur Afrikaners onder kerklike tug geplaas met weiering om die sakramente aan hulle te bedien. Afrikaners het nie die Bloedrivier-Gelofte afgelê nie; hulle en hulle nageslag is daarom nie daaraan gebonde nie. Hulle is derhalwe nie deel van die Verbond tussen die Boerevolk en God Drie-Enig nie; die Verbond wat herbevestig is by Paardekraal en uitgeloop het op die heerlike oorwinning op Majuba. DIT IS DIE VERSKIL TUSSEN ‘N BOER EN ‘N AFRIKANER. Hierdie kosbaar-verwerfde onafhanklikheid het nooit vir hulle iets beteken nie; daarom kon hulle geestelike afstammellinge so maklik ons selfbeskikkingsreg in 1994 vertrap.
Het die Boer dan vergeet hoe dit sal wees om hom self te regeer en nie voor gesê word deur enige ander volk nie? Wees darem trots en sê dit met reg dat jy ‘n Boer is. Bring dan ook jou kant. Moet nie negatief wees nie, as elkeen ook net ‘n idée kan bydrae en dan bereik ons alreeds iets. Ons moet ook dan begin doen.

Ek sal ook net graag wil sien dat daar net een geloof onder die volk is en dat daar nie ‘n groep is wat hom wil stel bo ‘n ander groep nie. Hierdeur wil ek dan al die groepe, gemeentes of organisasies by mekaar bring sodat daar eenheid kan wees onder die volk. Glo my, dit kàn gebeur!!! Ek weet.

As lid van die volk is jy ‘n Boer – en jy is uit hierdie identiteit uit bedrieg – ‘n identiteit waarop jy en jou nageslag die volste reg het, ‘n identiteit wat (weens die Verbond wat daaraan gekoppel is), heerlike beloftes inhou aan hulle wat ‘n verbond met die Drie-Enige God in stand hou! Eis daarom vandag nog jou identiteit as Boer terug; en weier om verder as Afrikaner, wat in sovele opsigte ‘n smetnaam geword het, bekend te staan – laat ons as volk eerste stap op die weg terug na vryheid.

BEHOUD VAN DIE VOLK
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #9
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Oud – Zoeloe kryger - vertel deur Flip Pretorius.

‘n Oud zoeloe kryger het by my oupa-grootjie gewerk. Altwee het aan daardie slag deelgeneem – die slag van Bloedrivier. Vir die een was dit ‘n Gods wonderwerk en vir die ander ‘n vernederende neerslag. Hierdie ou ringkop was familie van die groot zoeloe generaal Tambuza. Elke jaar as die maan ‘n sekere stand bereik het, het die Zoeloe wat nooit sonder sy oorlogs-assegaai, skildvel en knopkierie was nie, net verdwyn om vroeg in Januarie weer terug te keer. Na baie jare het my Oupa grootjie hom gevra waarheen hy elke jaar verdwyn.

Hierdie statige Zoeloe met sy onbuigbare karakter en trots in die verhaal van sy volk se bestaan het soos volg vertel: "Elke jaar gaan ek na die Ncome rivier daar waar Mhlela en Tambuza die 36 regimente van die groot koning Dingaan aangevoer het. Dit was ‘n baie groot oorlog. Maar die manne in die wit klere wat in die lug was, hulle het die ama-Bantu gehelp, en ons kon nie teen hulle veg nie, want ons assegaaie het dwarsdeur hulle gegaan, maar nie een is gedood nie. Ek gaan elke jaar terug, want miskien sal ek daardie wit geeste weer in die lug sien".

Die ou kryger het lank voor hom uit getuur, terwyl hy op sy hurke sit en met ‘n stokkie in die grond krap, en het toe voortgegaan. "Laasjaar, nadat ek vuurmaakhout op die walle van die rivier bymekaargemaak het, en my potjie pap gekook het, het ek sit en kyk hoe die volmaan opkom. Ek het lank na die maan gekyk. Dit was al hoog op in die lug toe ek langs my vuurtjie aan die slaap geraak het. Dit is toe dat Inkulunkulu my laat droom het.

Ek het ‘n draadheining gesien – dwars oor die land het dit geloop. Aan die een kant van die draad het swart beeste geloop. Baie beeste met groot bulle wat baie kalwers gemaak het. Aan die ander kant van die draad het wit beeste geloop. Hulle was min. Die kos by hulle was baie, en hulle was vet en mooi. Elke dag het die swart bulle langs die draad geloop en al die gras dood getrap. Hierdie swart beeste was ook eers vet en mooi, maar later was hulle so baie dat die kos min geraak het. Die gras en die koeie by die wit bulle was baie en mooi.

En so gebeur dit dat die voorste swart bul, hy was baie groot en sterk, oor die draad spring tussen die wit beeste in. Hulle het groot geskrik, en die wit bulle het nie eers terugbaklei nie. Toe die ander swart bulle dit sien, het hulle gevolg. Die koeie en kalwers ook. Hulle het die hele draad plat getrap sodat daar geen draad meer was nie. Hulle het lekker gevreet en dik en vet geword en party van die swart bulle het by die wit koeie kalwers gemaak. Hierdie kalwers was slegte beeste. Waar die swart beeste getrap het, het niks weer gegroei nie, en die wit en swart beeste het saam maer begin word. Ek het dit alles gesien. En so ewe skielik het ek die manne in die wit klere in die lug gesien. Ek was so bly dat Inkulunkulu hulle weer vir my gewys het.

Dit was hulle wat ons die oorlog laat verloor het. Ek het gesien hulle kom net na die wit beeste en toe het ek geweet dat die swart bulle verkeerd gemaak het. Die draad moes nooit platgetrap gewees het nie. In vrede moes hulle langs mekaar gewei het met die draad tussen-in".

Na hierdie vertelling het die ou kryger opgestaan, sy knopkierie en sy oorlogs-assegaai in sy hand geneem, lank daarna gekyk en liefderik sy hand oor sy vlymskerp lem gestreel, en aan Oupa-grootjie gesê: “My assegaai soek bloed”, en so het hy daar weggestap.

Kort daarna, so vertel Oupa-grootjie, het hulle die oorlogskreet van die Zoeloes luid en duidelik hoor weergalm, en toe die geskree van die plaasvolk. Hulle het die ou kryger gekry, die oorlogs-assegaai stewig in sy hande vasgevat waar hy dit met mag deur sy hart gedruk het.

Oupa-grootjie het sy liggaam op ‘n wa gelaai, en afgeneem na die Ncome rivier toe. Daar het hulle lank gesoek na die as van sy laaste vuurtjie, en waar hy sy gesig gehad het is hy met groot eerbied te ruste gelê. Daar waar baie bloed gevloei het - sy oorlogs-assegaai en knopkierie langs hom en bedek met die skildvel wat hy in die groot oorlog gebruik het. Van heinde en verre het mense gekom om hulde te bring – party in volle oorlogs mondering. Op sy graf het hulle ‘n vuurtjie aangesteek en die rook het soos ‘n pilaar die lug in opgestyg. So is hy te ruste gelê tussen die beendere van sy mede-krygers, waar die grootste veldslag in terme van menselewens ooit in Afrika plaasgevind het.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #10
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
DIE BOERVOLK MOET SY PAD TERUG VIND BLOEDRIVIER TOE, WAAR ONS WEER GESTOOP SAL STAAN, NET ONS, EN DIE SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE EN DIE MENS!!!!

En dit is vinnig aan die kom........die tekens is al daar!!!

Siener het gese!!! ons sal weer naak voor God staan. Net soos by Bloedrivier.

Hier's nog iets om aan te kou.......Vir 40 jaar na Bloedrivier, het die Voortrekkers/Boere die gelofte glad nie herdenk nie, en dit was ook Cilliers se skuld.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #11
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Uys het versoek dat hulle hom moes verlaat. Ik kan niet meer voortgaan nie...Los my...ek sal binnekort flou wees en nie voel as die assegaaie my deurboor nie...julle moet dapper veg voor dese land......hou God voor oge....sien om naar myn familje asublief.

Dirkie Uys kyk terug...net om te sien hoe sy vader vir oulaas sy kop lig vir n laaste blik op sy kamerade.....Dit was te veel vir die seun....hy draai sy perd om en jaag sy vader te help.....spring van sy prerd af...en skiet drie Zulus van sy vader af.....voor hy oorval word en gedood word.....Die Burgers kyk om net om te sien hoe Drikie se liggaam deurboor met assegaai dit lug in gehys word.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 02-20-2007   #12
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Pretorius het ook die volgende bewoording op n groot plat klip laat uitgrafeer:


21 Desember 1838 AWJ PRETORIUS

Die hoofstad van Dingane, Koning van die Zuluz

Quote:
Heb ik, Andries Wilhelmus Jacobus, Kommandant- generaal
met mij Onderkommandate, Veldkornette en Manschappe
op 21 Desember ingeneem
.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 03-05-2007   #13
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Blood River Recalled



Prompted by a question why these people were fleeing, Van Rensburg replied in an interesting, but strange way: “It will be because of the Spectre of Terror which God has created in their hearts. (As it happened at Blood river on that day [16th December 1838]). Humanly speaking, they have just as many brave people as we do, but we must remember: nobody is brave before God. In reply to the question why they were fleeing to Vereeniging, the Seer said: We had to sign the humiliating Treaty at Vereeniging, as well as give up our freedom—this, after thousands of lives had been sacrificed and our country literally turned into a wilderness. Go read Isaiah 14.

Van Rensburg also issued a clear warning that before this Spectre of Terror came over the enemy, the Boer nation would have to kneel in genuine reconciliation and renounce the world as they did at Blood River.
We must pray that our sun does not set (26th February 1922). Lev. 26: 15-17: And if ye shall despise my statutes or if your soul abhor my judgments, so that ye will not do all my commandments, but that ye break my covenant: I will also do this unto you: I will even appoint over you terror, consumption, and the burning ague, that shall consume the eyes, and cause sorrow of the heart; and ye shall sow your seed in vain, for your enemies shall eat it. And I will set my face against you, and ye shall be slain before your enemies; they that hate you shall reign over you; and ye shall flee when none pursueth you.



NIE N NUWE GELOOF NIE.......MAAR N HERNUWING VAN GELOOF!!!! LEES WAT SE SIENER.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 03-10-2007   #14
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Laat hierdie steeds ons bede, ons rigsnoer bly:

Op U Almag vas vertrouend
het ons vadere gebou;
Skenk ook ons die krag, o Here!
Om te handhaaf en te hou~
Dat die erwe van ons vaad’re
vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste,
teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het,
leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie,
sal dit wel wees, God regeer.

Amen.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 03-10-2007   #15
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Die Gelofte En Die Monument Sedert 1838

Die Gelofte is oor die afgelope 160 jaar op verskeie wyses herdenk. Wat eers ‘n Volksfees van historiese belang was, was ook in die godsdiens gewortel. Geloftefees is die Afrikaner se oudste en hoogste historiese volksfees. Trouens – dit is vir baie jare as die Afrikaner se enigste, egte volksfees beskou!

Na die aflê van die Gelofte het die herdenking daarvan in onbruik verval. In 1864 het die Natalse NG Kerk verklaar dat 16 Desember amptelik deur hulle gevier sou word. In 1865 het die ZAR - regering, en in 1903 die Vrystaatse owerhede dié dag as openbare vakansiedag geproklameer. Die Kaap het eers in 1910 gevolg en op 23 Desember 1910 het die Unieparlement dit tot openbare vakansiedag vir die hele Suid-Afrika verklaar. Ook die amptelike naam van dié dag is verskeie kere verander. Eers in 1952 is die dag tot Geloftedag herdoop en onder die Sondagwet geplaas.

‘n Behoefte om ‘n monument op die terrein op te rig het in 1867 reeds bestaan toe ‘n klipstapel op die plek waar die slag plaasgevind het, gepak is. In 1888 is besluit dat ‘n monument opgerig moet word en daar is met geldinsameling begin. Coert Steynberg se ontwerp vir ‘n monument op die terrein is aanvaar en op 16 Desember 1938 is die hoeksteen gelê. Die simboliese graniet ossewa - monument is eers in 1947 onthul. Aan die einde van die sestigerjare is besluit om Bloedrivier so getrou as moontlik te restoureer. R 800 000 is ingesamel en Kobus Esterhuyzen se ontwerp van 64 volledige verbronste ysterwaens in ‘n halfsirkel om die klipstapel, is aanvaar. Die inwyding het op 16 Desember 1971 plaasgevind.

As gevolg van die dag se simboliese waarde, het verskeie histories belangrike gebeurtenisse op dié dag (16 Desember) plaasgevind. Die Gelofte in 1880 is uitgebrei om die stryd teen die Britse magte in te sluit. In 1904 is Paul Kruger in Pretoria begrawe en in 1913 is die Vrouemonument in Bloemfontein onthul. In 1938 is die hoeksteen van die Voortrekkermonument gelê en in 1947 is die monument by Bloedrivier en in 1949 die Voortrekkermonument, onthul. Die wyses waarop 16 Desember herdenk is, is legio. Daar is tot ‘n week lank uitgekamp, kleurvolle optogte, redenaarskompetisies, toneelopvoerings, boeresport en –musiek is aangebied. Op 16 Desember het ere-dienste, vlaghysing, kransleggings, toesprake en die sing van volksliedere plaasgevind. Dit was die ‘goeie ou dae’ – maar wat van die toekoms?


http://www.voortrekkermon.org.za/Blo...02_gelofte.htm
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 03-24-2007   #16
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Offisiere En Manskappe Gedurende Die Slag Van

Hier volg 'n lys van 351 persone van die totale getal van 464 (verwys #)
blanke krygers en die 59 kleurlinge wat aan die slag van Bloedrivier op 16
Desember 1838 deelgeneem het.

Waar moontlik word die persoon se genealogiese nommer ook verskaf. (BRON
(verwys ##): Die Bloedrivierse Eeufeesgedenkboek opgestel deur A.C. du Toit
en Dr. Louis Steenkamp, die lys is verder bygewerk deur die Genealogiese
Genootskap van Suid-Afrika - N-Tvl Tak.)

Hoofkommandant: Pretorius Andries Wilhelmus Jacobus(verwys nota 1)
(b3c1d5e11)
Assistent-HoofKmdt: Landman Karel Pieter(b2c10)
Kommandante: Jacobs Pieter Daniël(a15b5c3d8e1)
de Lange Johan Hendrik (Hans Dons)(b10c2)
Potgieter Jacobus (Koos)
Erasmus Stephanus
Uys Jacobus Johannes(b1c5d2e4)
Meyer Lucas Johannes
Laerkommandante: Pretorius Albertus (ook kannonnier)
Erasmus Lourens
Moolman Piet (Rooi Piet)
Fronemann Christoffel Cornelis(b7)
Veldkornette: Steyn Johannes C
Viljoen Gert
Pretorius Hercules Albertus (Bart)(b3c1d5e14)
van Staden Gert(verwys nota 2)
Lombard Stephanus
Scheepers Jan
Fourie Hermanus
Cowie William(a1)
Labuschagne Casper
Joubert Jan (ook kanonnier)
Godsdiensleiers: Cilliers Sarel Arnoldus(b2c1d7e4)
du Plessis Jan (ook ?n Veldkornet)
Joubert Pieter J(b10c6d9 moontlik)
Kanonniers: Rudolph Petrus Johannes (b1c1d2)
Pretorius Gerhardus
Manskappe:
Aucamp Piet
Badenhorst H
Badenhorst P
Bantjes Jan Gerritze(b1c3d3)
Beneke Johannes
Bester Barend Jacobus2(b4c3d4e3)
Bester Lourens Rasmus(b4c3d4e2)
Bester Paul Michiel(b4c3d4e1)
Bezuidenhout Daniël P
Biddulph Thomas Jervis(a1)
Bierman Isak
Biggar Alexander Harvey2 (a1)
Bodes Barend
Bornman Johannes Jurgens(b1c3)
Boshoff Jakobus (Jan)
Botha Ernst Adriaan Lodewyk(b1c7d1e15)
Botha Hendrik
Botha J C
Botha Jan
Botha L
Botha P J
Botha P R
Botha T F
Botha Theunis
Bothma Carel A
Bothma Daniël
Breytenbach Chris
Breytenbach Izaak Johannes(b4c1d4)
Breytenbach Jacob Coenraad
Breytenbach Johan Hendrik
Breytenbach Johannes Jacobus
Bronkhorst Johannes Jacob(b6c6)
Bronkhorst Johannes Jacobus(b6c6d4)
Bronkhorst Samuel Johannes(b6c6d9)
Bruwer Eduard Christiaan Daniël(b7c4d12)
Bruwer Hans
Bruyn Piet
Buitendagh Carel Hendrik
Burger Jacobus Johannes
Burger S W
Buys Piet
Claassens Christiaan
Coetzee Cornelis (P-zn)
Coetzer J J
Coetzer Philippus Jeremias
Coetzer Thys
Combrinck G
Cronjé Abraham
Cronjé Piet
Davel Henning
Davel Jan
Dannhauser Thomas Richard(b6)
de Beer C (Snr)
de Beer Abraham
de Beer Christiaan M
de Beer Jan Christiaan
de Beer Johannes A
de Beer Stephanus A (Snr)
de Beer Zacharias Jacobus
de Clercq Abraham
de Clercq Barend
de Clercq C
de Clercq Jacob (b6c3d5)
de Jager Frederick Johannes
de Jager Izak J
de Jager Johannes Wilhelmus(b1c11d5e5)
de Jager Lodewyk
de Lange Adriaan (Jnr)
de Lange Robert
de Wet Kootjie
de Wet P
de Winnaar S
Dreyer C Sr.
Dreyer F
Dreyer I
du Plessis Francois
du Plessis Jan
du Plessis P
du Plooy Hendrik
du Plooy Willem
du Plooy Wouter
du Preez P D
Deysel F
Engelbregt Adriaan
Engelbregt E
Engelbregt Gerhardus
Engelbregt H (jong)
Engelbregt H H (Snr)
Engelbregt Johannes Hendrik
Enslin Johannes Jacobus
Erasmus Antonie
Erasmus Barend
Erasmus Cornelis
Erasmus Daniël Elardus
Erasmus Hans
Erasmus Jacobus
Erasmus Pieter Erasmus
Erasmus Stephanus E
Esterhuizen Jan
Ferreira Marthinus Stephanus
Fick Hendrik
Fisher Jan
Fourie Christiaan Erns
Fourie Dirk S
Fourie Hermanus
Fourie Philip1
Garden Kapt. (Engels)
Geers Carel
Giezing Fredrich(a1)
Goosen Marthinus2
Gouws Daniël
Gouws Jacob I
Gouws J Marthinus
Gouws P
Greyling Jan Cristoffel(b11c2d3)
Greyling Pieter Jacobus(b11c2d2)
Grobbelaar Nicolaas(b9c11)
Grobbelaar Pieter Schalk(b9c11d2)
Grove Hermanus Gerhardus(b3c9d5)
Hammes Pieter Johannes(b1c2)
Hattingh C
Hattingh Francois(b8c7d4e1)
Hattingh Johannes Dewald
Hattingh Johannes Hendrik(b11c1d2e1)
Herbst M
Heydenreich Cornelis Frederik(b6c2d2)
Human P G
Jacobs Gabriël Gerhardus Nic.(a15b5c3d8e1f7)
Jacobs Pieter Daniël(a15b5c3d8e1f2)
Jacobsz Jan
Janse van Rensburg Lukas
Janse van Rensburg Nicolaas M (C-zn)
Janse van Vuren Luckas Gerhardus
Janszen Willem
Jordaan Willem
Joubert Abraham Benjamin
Joubert Gideon
Joubert Jan (Jacs-zn)
Joubert Jan (jnr.)
Joyce Robert(a3)
Kemp G
Kemp Jacobus
Kemp Petrus J
Klaassen P
Klopper H
Klopper Jacobus
Koekemoer C
Koekemoer Marthinus
Kritzinger Lewis
Kruger Jan
Kruger P E
Kruger T J
Laas Cornelius
Laas Mathys
Labuschagne J P
Labuschagne J H (Jan Groen)
Labuschagne Willem Adriaan
Landman A K P (Snr)
Landman Jan (Doringberg)
le Roux D
le Roux Nicolaas(verwys nota 2)
Leech
Liebenberg Christiaan Jacobus(b2bc2d2e2)
Liebenberg Christiaan Jacobus(b2c2d6)
Lindeque G (Snr)
Lindeque Petrus
Lombard Hans
Lombard Hermanus Antonie
Lombard S
Lotter Johannes
Ludick M J
Malan D J J
Malan David D
Malan Jacob Jacobus
Malan Stephanus
Marais Coenraad
Marais Johannes L
Marais Stephanus Abraham
Marcus F
Maré Wynand Wilhelmus(b9c7d7)
Maritz Pieter
Maritz Salomon Gerhardus(b1c8d1e2)
Maritz Salomon Stephanus(b1c8d2e1)
Martens Hendrik Jacobus(a5b1c7)
Martens Jan Thomas(a5b1c6)
Marx Frans(b3c6d4)
Meintjes Albertus Jacobus
Meinties Jacobus William
Meintjes Schalk
Mey Christiaan Lodewyk
Meyer Jacob
Meyer Jan
Meyer Lukas (L-zn)
Meyer Theodorus
Mienie Frederik Christiaan
Mienie J
Moolman I
Muller Christiaan (moontlik a1b5c7d4)
Muller Jan (moontlik a11b2)
Naude Jacob
Naude Philip Jacobus
Naude Francois Paulus
Neethling Hendrik Ludolf
Neethling Schalk Willie
Neethling Willem
Nel Louis J
Nell Theunis Jacobus
Nell Willem Gabriël
Nortjé Joachim
Oberholzer Jan Albert
Olivier (Lang) Gert
Olivier Ockert
Oosthuizen A
Oosthuizen Jan (J-zn) (verwys nota 2)
Oosthuizen J J (Snr)
Oosthuizen Marthinus Jacobus (b1c4d7e2)
Opperman C
Opperman D
Parker Edward
Pieters Coenraad
Pieterse Frederik
Pieterse H J
Pieterse Nicolaas
Potgieter Cornelis
Potgieter Evert F
Potgieter Hendrik
Potgieter Jurgen
Potgieter Matthys
Potgieter Petrus Hendrik Theunis
Potgieter Theodorus
Pretorius A P
Pretorius Barend
Pretorius Dewald Johannes (b3c1d2e4f4)
Pretorius Gideon
Pretorius Henning Petrus Nicolaas (b3c1d5e12)
Pretorius Marthinus Wessel(b3c1d5e11f1)
Pretorius Nicolaas
Pretorius Petrus Gerhardus (b3c9d7)
Pretorius Petrus Gerhardus (b3c9d7e2)
Pretorius Samuel
Pretorius Willem H
Pretorius Willem Jacobus
Prinsloo Jochemus Johannes Petr.(b2c3d6e1f3)
Prinsloo N J
Prinsloo Willem P
Raads D
Raath Philip
Raath Pieter
Raath Roelof
Raatz Gerrit1
Ranger Simon
Reineke Adam
Retief Jacobus
Robbertse I
Robbertse Jan
Robbertse Matthys
Roets Hendrik
Rood
Roos Cornelis J
Roos Gysbert
Roscher P
Roux Dirk
Rudolph Jacobus Andreas(b1c3)
Rudolph Johann(es)Bernard(b1c1)
Rudolph Gerhardus Jacobus(b1c2)
Scheepers Coenraad F(swaer v. Erasmus Smit)
Scheepers Gert
Scheepers H
Scheepers J A
Scheepers Jacobus Johannes
Scheepers Stephanus Johannes
Scheepers M (G-zn)
Scheepers Marthinus
Schoeman Gert
Schoeman Johannes
Schutte Jan Harm Thomas
Slabbert G
Smit Andries Adriaan
Smit Chr. (C-zn)
Smith F
Snyman Coenraad F W(b7c4d9e7)
Snyman J H
Steenkamp Hermanus
Steenkamp Jan Harm(b7c2d3e2)
Steenkamp Piet L
Steenkamp Thomas Ignatius
Steyn Hermanus
Steyn Johannes Christoffel
Steyn Pieter
Strydom D J
Strydom Hendrik
Strydom J
Strydom Pieter Gerhardus
Swanepoel Willem
Swart Marius
Swart Pieter Johannes
Uys Dirk Cornelis(b1c5d2e12)
Uys Jacobus Johannes(b1c5d2e4f3)
Uys Jan C
Uys Petrus Lafras(Piet Hlobane)(b1c5d2e3f4)
van den Berg Hendrik(b1c10d6)
van den Berg Hendrik Stephanus(b1c10d6e3)
van der Berg Isak
van der Merwe Andries
van der Merwe C
van der Merwe Christiaan Pieter(verwys nota 3)
van der Merwe Frederik J
van der Merwe Jan
van der Merwe Josias
van der Merwe L P
van der Merwe Lukas J
van der Merwe M
van der Merwe Willem
van der Schyff D
van der Schyff J D
van Deventer Jan (a1b5c10d6)
van Dyk Joseph
van Dyk Sybrand
van Gass Ferdinand Paul George (b1)
van Gass J F
van Jaarsveld A
van Loggerenberg Hendrik
van Niekerk Izak Andries(b3c7d4e4)
van Niekerk J A P
van Niekerk Pieter Johannes
van Rooyen Cornelis J
van Rooyen Dirk
van Rooyen G T
van Rooyen Gert F
van Rooyen Gert Reinier
van Rooyen I
van Rooyen Lukas
van Rooyen Stephanus
van Schalkwyk Christiaan
van Schalkwyk Gert
van Staden Cornelis
van Staden V C
van Straten Jacob
van Venen D
van Vuuren P
van Zyl Jacobus
Venter Albert
Venter C I
Venter P A
Venter Willem Daniel
Vermaak Cornelis
Vermaak J
Viljoen Christoffel
Viljoen Gideon
Viljoen Johan H
Viljoen M
Viljoen Sarel
Visagie Jan
Visser

Notas:
1 Gewond gedurende die slag van Bloedrivier.
2 Dood gedurende die opvolg operasie om Dingaan te probeer vang
op 27 Desember 1838.
3 Slegs lig gewond gedurende die slag van Bloedrivier.

Ander brokkies inligting:
Johann Bernhard Rudolph was van die begin van die trek betrokke met die
administrasie en is in 1839 as die eerste Weesheer aangewys en in 1842 as
Landros van Pietermaritzburg.
Lucas Johannes Meyer aangestel as die eerste Ontvanger van Inkomste.
William Cowie is die persoon na wie Cowie's Hill naby Pinetown vernoem is.
Thomas Jervis Biddulph was 'n 1820 Settelaar.
Coenraad Snyman was 'n fotograaf. Hy was ook baie groot, so groot dat hy
nie perd
kon ry nie. 'n Broek van hom is in bewaring by die Gelofte Kerk Museum in
PMB.
Hendrik Jacobus Martens is aangestel as die eerste bode van die hof.

# Daar is ook bronne wat verwys na 407 blankes. J.G. Bantjes verwys egter
na
sowat 464 blanke manskappe uitsluitend die kommandante. Daar is ook bronne
wat
verwys na sowat 200 swartes wat saam met A.Biggar, E.Parker en R.Joyce aan
die
geveg kom deelneem het.
## Ander bronne: P.S. de Jongh, Sarel Cilliers; E Smit, Dagboek van
Erasmus Smit; J.A. Heese & R.T.J.Lombard, SA Gegeslagsregisters; De
Villiers & Pama, Geslagsregisters van ou Kaapse Families; B. Cilliers,
Genealogieë van die Afrikaner Families in Natal; SABW 1-5; A. Walker, The
Great Trek
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 12-16-2007   #17
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Quote:
Originally Posted by Piett View Post
Die Gelofte

Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven
,
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;
end dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.
Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.


Volgens skrywers die beste voorstelling van
die laer by Bloedrivier

Laeraanvalle en veldslae
Deel 5

'n Kliek op name en frases in blou neem u na meer besonderhede oor 'n persoon of gebeure. Die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838)
Andries Pretorius word ontbied
Die moord op Piet Retief en sy geselskap, die slagting van die Trekkers by Blaauwkrantz, die mislukte Italeni-ekspedisie en die onveilige en onsekere situasie in Natal, laat Maritz en sy mense besin oor leierskap, en veral 'n militêre aanvoerder. Gert Maritz stuur Frans Hattingh, 'n neef van Pretorius, Sarel Cilliers en nog 'n Trekker na Letskraal1 naby Graaff-Reinet met die dringende pleidooi om die Trekkers te kom help. Nadat Pretorius vir Hattingh deeglik ondervra het, stuur hy sekere opdragte saam met hom. Die trekkers moes, onder andere, veghekke maak vir die voorgenome laer wat as basis sou dien vir die kommando se aktiwiteite - om voorsiening te maak vir die afwesigheid van doringbosse.

Pretorius word aangestel as hoofkommandant
Op 22 November 1838 kom Pretorius by die laer aan die Klein Tugela aan. Op 25 November stel die Volksraad,2 wat in die hooflaer byeenkom, hom as hoofkommandant3 aan. Onmiddellik na die vergadering word 'n krygsraad gehou en twee dae daarna, op 27 November 1838 vertrek Pretorius met sy kommando van 464 man (gekleurdes ingesluit)4 in die rigting van Dingane se hoofstad. Andries Pretorius besluit dat die kommando met 64 ossewaens laer sal trek, eerder as om die Zoeloes in die oop veld te perd aan te durf. Pretorius word bygestaan deur kommandant Karel Landman*, sy tweede in bevel, en kommandante Piet Jacobs, Koos Potgieter, Hans de Lange en Stephanus Erasmus.

Kommandant Pretorius roep sy kommandante, veldkornette en manskappe bymekaar. Elke offisier en manskap kry instruksies oor wat presies van hulle verwag word. Pretorius dring aan op totale gehoorsaamheid en geen teëpratery en die kommando word aangespoor tot manmoedigheid, versigtigheid en eensgesindheid.5 Hy gee opdrag dat geen vroue en kinders in die toekomstige gevegte geskaad word nie. Kommandant Landman spreek 'n paar woorde en vra Sarel Cilliers om voor te gaan in gebed. Op hierdie wyse word die lede van die kommando elke dag besiel en afgerig om binne minder as drie weke in 'n merkwaardige krygseenheid te ontwikkel.
Die optog na Bloedrivier
Die Tugela is in volle vloed dus steek die kommando die rivier oor by sy bolope naby Spioenkop en die eerste laer word aan die oorkant van die Tugela getrek. Kommandant Pretorius beduie in besonderhede hoé die laer van nou af aan opgestel moet word. Elke aand word dus laer getrek, wagte uitgeplaas en inspeksies gehou. Patrollies en verkenners word daagliks uitgestuur, somtyds met Pretorius self as leier. Die waens beweeg in 'n formasie van vier rye sodat die string nie te lank is nie. Die voor- en agterhoede van die gelid word deeglik beskerm. Elke kommandolid se wapens word in volle gereedheid gehou, nagegaan en weer nagegaan. Afgesien van die patrollies word veldoefeninge gehou, met die manskappe in hulle veldkornetskappe ingedeel, om tug en ordelikheid by elkeen in te skerp. Twee voorlaaier-kanonne, die een genaamd "ou Grietjie" word uitgetoets en gereed gehou. Hier by die Tugela word eers krygsraad gehou gevolg deur 'n diens gelei deur Cilliers. 'n Patrollie onder Stephanus Erasmus word daarna uitgestuur om die krale van Joob, 'n Zoeloe-hoofman wat die afgelope tyd las gegee het, te verken.

Die optog bereik die Kliprivier waar Komdt. Landman en sy groep van 123 man by die laer opdaag. Hulle word vergesel deur Alexander Biggar,6 Eerw. Parker en Robert Joyce en 100 "mak swartes" van Port Natal. Die Trekkers beweeg nou in 'n noordelike rigting, noord van die huidige Ladysmith, oor Danskraal en die teenswoordige Biggarsberge en op 5 Desember word kamp opgeslaan by Elandslaagte. Hans de Lange lei 'n patrollie van drie man om Joob se krale weereens te bespied en moet hulle verdedig toe hulle onverwags midde in 'n groep Zoeloes bevind. Hulle neem een Zoeloe gevange gevange bring hom laer toe. Ná ondervraging ruk Pretorius met 300 man op na Joob se krale - die swartes het hulle egter intussen uit die voete gemaak. Op 6 Desember vertrek die laer om Waschbank (Sondagsrivier) op 8 Desember te bereik. Hiervandaan vorder die Trekkers oor die berge tot by Zandspruit (die huidige Kliprivier).
Die Gelofte
In hierdie tyd word die Gelofte onder leiding van Sarel Cilliers afgelê waarmee die Trekkers plegtig belowe dat, indien God hulle sou help om die Zoeloemag oorwin, dié dag aan die nageslag bekend gemaak sal word, dat dit gevier sal word ter ere van God en dat 'n kerk in Sy Naam opgerig sou word.7 Na 9 Desember word die Gelofte elke aand, tot 15 Desember, in die laer herhaal.

Verkenning
Op 11 Desember bereik die kommando die Umzinyathi of Buffelsrivier. Hier kom Pretorius se verkenners die eerste Zoeloe-spioene teë. Parker, met 'n aantal swart verkenners, dood 'n Zoeloe in 'n kort skermutseling. Pretorius besluit om by die Buffelsrivier te vertoef en stuur op 12 Desember twee patrollies uit, een onder leiding van Komdt. De Lange en die ander, bestaande uit swart spioene onder Parker se aanvoering. Laasgenoemde groep kom weer Zoeloes teë, dood een en neem 'n swart man en aantal swart vroue gevange. Die Zoeloe val Parker aan en dié skiet hom dood. Pretorius skryf sy naam op 'n wit doek en stuur die vrouens na Dingane met die doek en 'n boodskap dat die kommando gekom het om hom te straf. Indien hy sy samewerking gee, is Pretorius gewillig om vrede te maak. Indien hy verkies om te veg, moet hy besef dat die witmense nie gaan besgee nie, al neem dit tien jaar.

'n Patrollie bemerk op 13 Desember 'n groot aantal Zoeloes naby die laer met 'n trop beeste. Hierdie lyk na die soort lokval waarin Piet Uys en sy makkers gedood is en op 14 Desember stel Pretorius ondersoek in met 120 perderuiters. Agt Zoeloes word hier in 'n skermutseling doodgeskiet.
Op Saterdag, 15 Desember, steek die kommando die Buffelsrivier oor en span uit tussen dié rivier en die Ncome,8 'n sytak van die Buffels. Twee verkenners, Jan Robbertse en Hans Hattingh, rapporteer dat 'n groot Zoeloemag ongeveer 'n halfuur te perd van die Trekkers af saamtrek. Na Pretorius die omgewing bekyk het, word besluit om oorkant die Ncome, aan die weste kant, laer te trek. Hier is 'n diep seekoeigat en 'n donga met 'n baie hoë wal wat 'n ideale ruimte vir 'n laer bied. Die kampkommandant, Piet Moolman, kry opdrag om 'n halfmaanvormige laer te trek met die donga agter die waens. 'n Geoefende groep van 150 man spring aan die werk terwyl 300 berede manskappe onder Pretorius 'n kanon in die rigting van die Zoeloes sleep.
Die laer by Bloedrivier
Die waens word só opgestel dat twee kante deur die seekoeigat en die donga beskerm word. Dit maak die laer groot genoeg om die kommando se osse en perde te huisves. Die waens word deeglik met rieme aan mekaar vasgemaak met die veghekke wat elke opening toemaak. Twee smal openinge maak voorsiening vir die perderuiters wanneer hulle die laer sou verlaat en hekke word gereed gehou om hierdie openinge te sluit.


Intussen nader Pretorius, Cilliers en De Lange met hulle ruiters die Zoeloekrygers wat nou sissend neerhurk. Groepe Zoeloes jaag 'n groot klomp beeste aan in die hoop om die kommando in 'n hinderlaag te lok. Die trekkers word egter nie om die bos gelei nie en Pretorius hou by sy besluit om nie die impi in die oop veld aan te val nie. Hy verdeel die kommando in groepe van vyftig, vyftig treë van mekaar en paradeer die manne voor die Zoeloemag. Hulle word noukeurig dopgehou maar die Zoeloes val nie aan nie en die kommando vertrek terug laer toe. Pretorius doen inspeksie en laat kerse opsteek wat orals in die laer geplaas word, sommige op lang sweepstokke. Die laaste verkenner daag op met die nuus dat die hele Zoeloemag nader beweeg het en kort anderkant die rivier naby die laer stelling ingeneem het. Na skatting het tussen 10 000 en 15 000 krygers hier saamgedrom onder leiding van Ndlela en Dambuza, gereed vir die aanval op die Trekkers. Dingane was nie teenwoordig nie maar hierdie impi het die room van sy mag verteenwoordig. Twee prinse en verskeie hooggeplaastes uit Dingane se krale het onder die Zoeloekrygers getel.
Die trekkers nuttig aandete, versorg die diere (ongeveer 900 osse en 500 perde), wat in kringe vasgemaak word, en Sarel Cilliers lei die aanddiens en herhaal die Gelofte - vir die laaste keer voor die geveg. Wagte word elke twee uur vervang terwyl dié Trekkers wat wel slaap, volledig gewapen is. 'n Stilte sak op die laer neer en later word slegs die perde se gesnork en die osse se kreune gehoor.
Die Slag (Sondag, 16 Desember 1838)
Twee ure voor dagbreek is al die manskappe op hulle poste en gewapen. Die kanonne is in openinge opgestel om die geweervuur te ondersteun. Die mistigheid klaar op en 'n perfekte wolklose en windlose dag breek aan. Die laer is omsingel deur die Zoeloemag met hulle skilde - die voorste linie sit slegs omtrent veertig treë van die waens, met ry op ry krygers agter hulle oor 'n area van nagenoeg 1000 treë. Die Zoeloes sit opgedeel in hulle regimente, elk met sy kaptein; alle oë op Ndlela en Dambuza, wagtende vir 'n teken om aan te val. Pretorius maan sy manne om nie die groot getalle te vrees nie: "Ons sal oorwin". Naaste aan die waens is Dambuza se mag opgestel terwyl Ndlela se krygers by die seekoeigat saamgetrek is en nog 'n groep hulle binne die donga tuisgemaak het.


Kommandant Pretorius besluit om die eerste aanval te loods; op sy teken word die stilte verbreek deur die gedreun van die olifantgewere en snaphane. Drie sarsies word afgevuur terwyl bulderende kanonne, beman deur Bart Pretorius en Joubert, paaie deur die Zoeloes se linies ploeg.
'n Replika van die waens met die veghekke,
die laterns en die een kanon.
'n Kliek op die foto lei tot 'n vergroting.

Die kruitrook lê soos 'n wolk oor die laer en op Pretorius se teken staak die kommando tydelik vuur. Toe die wit kruitdamp ooptrek merk die Trekkers dat die Zoeloes nou 500 treë agter hulle gewonde en gesneuwelde makkers teruggeval het en hoe vars regimente hulle by die impi aansluit.
Die trekkers hoor hoe bevele uitgeskreeu word en sien hoe die voorste krygers hulle assegaaie se stele breek om steekassegaaie te maak. Die Zoeloemag bestorm die laer met onaardse gille, skilde omhoog en assegaaie in gereedheid. Sommige vorder tot baie naby die laer en talle assegaaie tref die waens se seile. Die kommando se geweervuur stop die aanstormende menigte in hulle spore terwyl 'n aantal Trekkers die beeste en perde wat verwilderd raak, met geweerskote onder beheer bring.

'n Aantal Zoeloekrygers drom in die donga saam en klim op mekaar se skouers om die Trekkers onder skoot te kry. Sarel Cilliers en 'n groepie manskappe kry opdrag om hierdie bedreiging vanaf die wal van die donga die hoof te bied. Hulle dood ongeveer 400 krygers in dié skermutseling, maar Philip Fourie word gewond toe 'n assegaai hom in die dy tref.
"Ou Grietjie", die kanon, in aksie
Pretorius rig 'n kanon op Ndlela se regiment en toe die skoot tussen die krygers bars, vlug hulle uit die donga; sommige spring in die seekoeigat terwyl andere by Dambuza se regimente aansluit. Komdt. Jacobs betwyfel Pretorius se besluit om die donga aan te val. Hy voel dat die aanval op die waens só versterk word. Kommandant Pretorius weet egter presies wat hy doen: hoe digter die linie krygers, hoe meer word op 'n keer raakgeskiet. Pretorius wil nie toelaat dat die laer omsingel word nie en wil probeer om die geveg in die kommando se guns te beklink vóór die ammunisie opraak.
Die Trekkers se geweer- en kanonvuur dryf die Zoeloes weereens terug en die impi retireer tot 500 of 600 treë van die laer. Boodskappers skarrel tussen die aanvoerders terwyl die ou ringkoppe op hulle gemak sit en snuif. Die kommandant se broer, Bart Pretorius word uitgestuur, vergesel van 'n paar manskappe en 'n tolk. In 'n poging om die Zoeloes uit te tart, vra hy: "Wat doen julle nou, manne van Dingane? Ons het gekom om te veg - nie teen weerlose vroue en kinders nie, maar teen manne! Hoekom val julle nie aan nie?" Die krygers sis, maar verder gebeur daar niks. Bart hulle vuur 'n paar skote in die impi se rigting en keer terug laer toe.
Weer rig Pretorius kanonvuur in die die rigting van die linies. Die Zoeloes spring op en die swart golf rol aan in die rigting van die laer, al trommellende op hulle skilde terwyl hulle gil, fluit en sis. Hierdie aanval is die langste van die hele geveg, maar die Trekkers skiet sarsie na sarsie om honderde krygers te dood of te verwond. Die gewere se lope word só warm dat die manskappe vrees dat dit enige oomblik kan ontplof. Die Zoeloes val weer terug en bly nou buite die Trekkers se skootafstand - hulle verliese is geweldig en die aanval was sonder enige sukses. Die geveg duur nou bykans twee ure en die blaaskans word verwelkom terwyl die kruitdampe uit die laer styg.

Bart Pretorius lei nou drie stormlope te perd tot in die Zoeloelinies. Die manne skiet uit die saal op die digste samedrommings van die impi en probeer om langs die donga by die vyand se linkervleuel verby te jaag. Terwyl die voorste
'n Foto van "Ou Grietjie"
geledere van die Zoeloes retireer, probeer regimente witskilde agter hulle vorentoe dring en op die kommando afstorm. Die witskilde word eers agtertoe gedwing en Bart se kommando skiet honderde gedurende dié beweging dood. Uiteindelik storm die krygers, versterk deur die jonger regimente weer vorentoe. Pretorius en sy perderuiters word gedwing om terug te val laer toe. Die kommando loods 'n tweede stormloop en slaag daarin om die Zoeloes verder terug te dryf met knap skietwerk en bedrewe ruitery. Die manne val egter weer terug toe die linies vorentoe dryf. Die skuts in die laer trek andermaal los en slaan die aanval af met hulle gewere en kanonne. Die derde stormloop is meer suksesvol: die perdekommnado sny deur die Zoeloegeledere en val die linies in die oop veld van agter aan. Andries Pretorius laat die kanonne uit die laer sleep en bestook die aanstormende bendes van voor. Die impi breek op en Bart en sy ruiters jaag in die opening in, verdeel die krygers en met die hulp van die kanonne dryf hulle die vyand al verder uitmekaar. Andries Pretorius lei 'n verdere stormloop uit die laer; toe die Zoeloes in twee groepe vlug, verdeel Pretorius sy manne ook en so agtervolg hulle die vlugtendes vir omtrent drie ure.
Dambuza se regiment probeer die Ncome oorsteek - talle word daar naby die laer doodgeskiet terwyl baie gewondes ook in die rivier spring. Die water verkleur rooi van die Zoeloes se bloed - vandaar die naam, "Bloedrivier". Sarel Cilliers en sy ruiters jaag Ndlela se krygers en hulle slaan ook op die vlug terwyl hulle op strepe platgetrek word. Die hakkejag duur tot die middag voor die kommando's terugkeer laer toe. Toe Andries Pretorius 'n kryger probeer vang om hom met 'n boodskap na Dingane te stuur, steek die Zoeloe in sy rigting met sy assegaai. Pretorius skiet en mis die man, sy perd spring terug en noodsaak Pretorius om af te spring. Die Zoeloe steek weer 'n keer na Pretorius wat die assegaai met sy geweer afweer. Die derde keer klap Pretorius die assegaai met sy linkerhand weg maar die lem steek deur sy handpalm. Pretorius pen die kryger op die grond vas terwyl dié hom probeer verwurg. 'n Makker trek die assegaai uit Pretorius se hand en steek die swarte daarmee dood.

Terwyl Gerrit Raath en 'n mede-trekker na die agtervolging koers neem rivier toe, kom hulle op 'n gekweste Zoeloe af. Om ammunisie te spaar wil hulle die man met sy
Voorstelling van die geveg by die donga
eie assegaai dood, maar dié spring op en steek Raath in die rug. Die Trekkers skiet die kryger mis en die Zoeloe beland bo-op Raath en 'n gestoei ontstaan. Hattingh sien die worsteling, gryp die assegaai uit die man se hande en steek hom daarmee dood. Raath herstel gelukkig later van sy wond.
Die Zoeloemag slaan op 'n totale vlug en die kommando's keer terug laer toe. Die Trekkers het nie 'n enkele man verloor nie en slegs drie het wonder opgedoen: Andries Pretorius, Philip Fourie en Gerrit Raath. Na skatting is omtrent 3000 Zoeloekrygers in die omgewing van die laer dood, maar 'n groot aantal het in die agtervolging gesneuwel. Die Trekkers doen 'n dankgebed en nuttig 'n welverdiende ete waarna hulle die gewere skoonmaak en lopers giet vir moontlike verdere skermutselings met Dingane se impi. Kommandant Landman en 'n kommando met vars perde rapporteer later dat daar geen teken van die Zoeloemag in die omgewing te bespeur is nie. Andries Pretorius roep die aand sy manne bymekaar vir 'n krygsraad waar besluit word om Dingane in sy hoofstat aan te pak. Die sogenaamde Wenkommando ervaar daardie aand 'n ongekende opwinding na 'n spannende en vermoeiende dag en kry 'n goeie nag se rus in.
Begrafnisse (17 Desember 1838)
Vroeg die oggend van 17 Desember 1838 word die laer by Bloedrivier uitmekaar gemaak en die Trekkers kies koers na Umgungundlovu, Dingane se hoofstat. By Italeni word Piet Uys en sy gestorwe makkers se oorblyfsels gesoek en begrawe. Teen 20 Desember 1838 is Pretorius se kommando naby die hoofstat en 'n patrollie word gestuur om verkenning te doen. Tot hulle verbasing aanskou hulle hoe die hele kraal in ligte laaie staan. Dingane, sy vrouens en sy onderdane is besig om noordwaarts te vlug met hulle vee en honde. Pretorius trek laer en hy en 200 man deursoek die terrein van die smeulende stat. Hulle vind ook Piet Retief se geselskap se oorblyfsels by kwaMatiwane waar hulle vermoor is. Die individue word uitgeken aan hulle klere, artikels in hulle sakke, knope, ens. Langs Retief lê sy waterbottel en leertas met korrespondensie en die traktaat wat Retief en Dingane geteken het. Op Kersdag begrawe Andries Pretorius en sy manne die Retief-geselskap se gebeendere in 'n gesamentlike graf aan die voet van die koppie.

Die hinderlaag by die Wit Umfolozi (Sondag, 27 Desember 1838)
Die Trekkers word op 27 Desember 1838 in 'n hinderlaag gelei toe Dingane se krygers in 'n kloof onder hulle skilde skuil.9 Kommandante Landman en De Lange se manne word van die laer afgesny deur die hordes Zoeloes en word gedwing om deur die Wit Umfolozi-rivier te swem. In die daaropvolgende daglange geveg sneuwel Alexander Biggar, vyf Trekkers en byna al Biggar se swartes. Aan die Zoeloes se kant word ongeveer 1000 dooies getel. Hans de Lange se besluitneming en vinnige handeling red die kommando uit die hinderlaag en die Trekkers bereik die veiligheid van die laer.

Op 1 Januarie 1839 maak Pretorius se manne 'n groot klomp vee, wat vroeër van die Trekkers gesteel is, bymekaar en steek die oorblywende krale aan die brand. Hier vind verdere skermutselings plaas waartydens nog ongeveer 100 zoeloes gedood word. Die kommando keer terug na die hooflaer by die Tugela waar hulle op 7 Januarie 1839 deur 'n opgewonde groep Trekkers verwelkom word.
Andries Pretorius en Karel Landman het albei verslae oor die Slag van Bloedrivier nagelaat terwyl
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 12-17-2007   #18
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Quote:
Originally Posted by Piett View Post
Die Gelofte

Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven
,
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;
end dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.
Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.

Deu 23:21 As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
Deu 23:22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.
Deu 23:23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het—wat jy met jou mond gespreek het.
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 04-23-2008   #19
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Quote:
Originally Posted by Piett View Post
Deu 23:21 As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
Deu 23:22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.
Deu 23:23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het—wat jy met jou mond gespreek het.

Quote:
Today, 07:32 PM #2 Die Ou Man vbmenu_register("postmenu_731", true);



http://wendag.com/forum/image.php?u=...ine=1195144136

Join Date: Feb 2007
Location: Swerwer
Posts: 364
Thanks: 4
Thanked 12 Times in 11 Posts
Rep Power: 10




Re: Volksplanting en Eerste Gelofte
Nadat ek die bostaande inset geplaas het, was ek in gesprek daaroor met 'n Boer van die Ou Transvaal. Anders as ons uit die Oos-Kaap, beskou hy nie die Van Riebeeck onderneming aan God as 'n gelofte nie. Met die verdere verloop van die gesprek het dit aan die lig gekom dat daar onder die Transvalers 'n meningsverskil is aangaande hierdie aspek. Sommige beskou Van Riebeeck se onderneming as 'n gelofte en ander nie.

Die beswaar teen Van Riebeeck se onderneming is dat hy God nie onder 'n verpligting plaas nie. Hy maak slegs 'n aanbod.

In teenstelling met Van Riebeeck se aanbod moes God by Bloedrivier eers sy deel van die ooreenkoms nakom. Daarna sou die Trekkers se aanbod geldend wees.

Van Riebeeck se aanbod plaas God nie onder 'n verpligting nie en daarom word sy belofte onder sekere lede van die Boervolk nie as 'n gelofte beskou nie.

Liefde groete.

Die Ou Man
__________________
Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my naam sal stuur, Sy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
http://wendag.com/forum/showthread.php?t=92

Jammer Oumsie dit werk nie so nie;

Quote:
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen,
en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
Die Trekkers by Bloedrivier het ook bloot n aanbod gemaak!!

Quote:
Die beswaar teen Van Riebeeck se onderneming is dat hy God nie onder 'n verpligting plaas nie
God was op geen staduim onder n verpligting geplaas by Bloedrivier nie.

Inteendeel die Trekkers het hulself onder n verpligting geplaas, indien God hulle verbond sou aanvaar.

n Verpligting wat nie nagekom was/is nie.





__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Old 05-02-2008   #20
Piett
Super Moderator
 
Piett's Avatar
 
Join Date: Jan 2007
Posts: 18,380
Piett is on a distinguished road
Die Herdenking En Betekenis Van Die Gelofte

http://search.sabinet.co.za/images/e..._v20_n2_a1.pdf
__________________
Quote:
Ek staan eder saam met 10 man, wat eerstens met God en die waarheid gewapen is, en dan met die wapen gewapen is.
As wat ek saam met n 1000 man staan, wat net met die wapen alleen gewapen is.
Ek staan erder met n man wat feitlik korek is, as n man wat Geeslik verkeerd is.
SIENER VAN RENSBURG
AAN DIE STERKSE EN MEES OPREGSTE BOER SAL DAAR GELOUTER WORD
Piett is online now   Reply With Quote
Reply


Currently Active Users Viewing This Thread: 1 (0 members and 1 guests)
 
Thread Tools

Posting Rules
You may not post new threads
You may not post replies
You may not post attachments
You may not edit your posts

vB code is On
Smilies are On
[IMG] code is On
HTML code is On
Forum Jump

Similar Threads
Thread Thread Starter Forum Replies Last Post
Geloftevolk!!......Bloedrivier!!........Boervolk!! Piett Gelofte / Verbond......Geskiedenis 79 11-16-2013 12:08 AM
Gelofte Kerk Piett Gelofte / Verbond......Geskiedenis 0 11-07-2007 09:08 PM

» November 2014
S M T W T F S
262728293031 1
2 3 4 5 6 7 8
9 10 11 12 13 14 15
16 17 18 19 20 21 22
23 24 25 26 27 28 29
30 123456
» Site Navigation
 > FAQ
Powered by vBadvanced CMPS v3.0.1

All times are GMT +3. The time now is 01:33 AM.


Powered by vBulletin® Version 3.6.4
Copyright ©2000 - 2014, Jelsoft Enterprises Ltd.